Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Meeste lande begin ‘n normaliteit met Covid-19 aanvaar

Nuuskommentaar: 11 Augustus

Deur: Jaco Kleynhans

Sowat tweederdes van Australië se bevolking verkeer tans onder ‘n streng staat van inperking wat in baie gevalle behels dat mense net vir enkele noodsaaklike redes hulle huise mag verlaat. Dit herinner ons hier in Suid-Afrika aan April verlede jaar toe ons ook elke denkbare oordrag van die virus met die strengste moontlike maatreëls probeer verhoed het.

In die meeste lande regoor die wêreld is hierdie soort streng inperkings wat ingestel word met die hoop dat die verspreiding van die koronavirus heeltemal verhoed kan word, lankal iets van die verlede. Enkele lande soos Australië probeer egter steeds elke persoon wat Covid-19 opdoen volg en elke moontlike oordrag verhoed.

Op 24 Julie verlede jaar het die Australiese Eerste Minister Scott Morrison bekend gemaak dat sy regering ‘n strategie sal volg om Covid-19 heeltemal in Australië uit te roei. Die afgelope tyd sukkel die land toenemend soos wat die virus in verskeie deelstate en veral in groot stede soos Sydney en Melbourne versprei. Streng inperkingsmaatreëls het ook sy tol begin eis en behalwe vir die ernstige ekonomiese gevolge daarvan, is gewone burgers in Australië moeg vir die streng maatreëls. Verlede jaar in April was 85% van Australiërs tevrede met Morrison se hantering van die pandemie. Dit het intussen tot 48% gedaal.

Terwyl die meeste lande in die wêreld op ‘n sogenaamde onderdrukkingstrategie teen Covid-19 besluit het, het enkele lande soos Australië, Nieu-Seeland en Singapoer op ‘n uitskakelingstrategie besluit. Die probleem wat lande soos Australië egter ervaar is dat uitskakeling van die virus voortdurende inperkingsmaatreëls en ‘n volgehoue sluiting van die land se grense vereis.

Die Australiese regering het vroeër hierdie maand ‘n vierpuntplan aangekondig om dié land uit die pandemie te kry. Dit behels grootskaalse inentings, die verslapping van maatreëls vir mense wat reeds volledig ingeënt is en dan ‘n uitfasering van inperkingsmaatreëls nadat 80% van die volwasse bevolking volledig ingeënt is wat uiteindelik ook ‘n heropening van die land se grense sal behels.

Wat egter duidelik is, is dat Covid-19 nie volledig uitgeskakel kan word nie. Die Britse Eerste Minister Boris Johnson het onlangs gesê dat sy land se mense nou moet leer om met die siekte saam te leef. Ander Europese leiers weier ook om weer inperkingsmaatreëls in te stel. Soos wat entstowwe teen Covid-19 in meer en meer lande algemeen beskikbaar raak, aanvaar politieke leiers dat ‘n nuwe fase betree word, waarin Covid-19 deel van die normale lewe word terwyl mense met entstowwe so goed as moontlik teen siekte en sterfte beskerm word.

Die regering van Singapoer het onlangs aangekondig dat hulle van ‘n uitskakeling- na ‘n onderdrukkingstrategie gaan verander. Geen land kan vir altyd die virus probeer uithou en daardeur homself heeltemal isoleer nie.

Die afgelope twee weke is groot besendings entstowwe in Suid-Afrika afgelewer en dit is deesdae redelik maklik om teen Covid-19 ingeënt te word. Dit is noodsaaklik dat soveel volwasse Suid-Afrikaners as moontlik so gou as moontlik ingeënt word.

Suid-Afrika moet nou verby inperkingsmaatreëls begin tree. Selfs sou ‘n vierde golf van besmettings die land later vanjaar tref sal die regering moet besef dat met entstowwe wat algemeen beskikbaar is, mense self verantwoordelikheid moet neem.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende