Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Meer sakelui se stemme nou nodig met die kragkrisis

Nuuskommentaar: 1 Junie 2023

Deur: Werner Human

Alhoewel beurtkrag – wat dalk meer akkuraat beskryf kan word as elektrisiteitdiefstal omrede dit gesinne, werknemers, en ondernemings beroof om ʼn bestaan te kan voer – reeds deel van alledaagse lewe gevorm het, bly dit ʼn moeilike taak om die omvang van die skade wat die voortslepende en verskerpte beurtkrag ons almal berokken, te bereken.

Dit is egter die hoenderprodusent Astral Foods wat in ʼn verslag bereken het dat hulle bedryfswins in die laaste ses maande met ʼn allemintige 88% gedaal het, met ʼn netto kontantuitvloei van meer as R700 miljoen wat aan beurtkragkoste bestee is. Verder word die groep gedwing om meer as R400 miljoen van hul uitbreidingskapitaal te spandeer op rugsteunoplossings vir water en elektrisiteit – ʼn uitgawe wat totaal onnodig sou wees indien daar nie beurtkrag was nie.

In reële terme beteken dit dat verdere werksverliese onvermydelik is, voedselpryse die hoogte gaan inskiet, met minder kos wat geproduseer gaan word wat ons aangewese gaan maak op invoere, en dít met ʼn rand wat al hoe meer verswak. Chris Schutte, die uitvoerende hoof van Astral, waarsku dat Suid-Afrika op ʼn voedselkrisis afstuur.

Schutte is een van die min sakelui wat reguit oor die krisis praat en direk na die regering verwys deur aan te voer dat die regering nog steeds nie die omvang van die krisis besef nie.

Nog ʼn sterk stem vanuit die sakegemeenskap is Busi Mavuso, die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa en oud-raadslid van Eskom, wat laasjaar voor die staande komitee oor openbare rekeninge (SKOOR) prontuit voor die komitee gesê het dat die kragkrisis alleenlik voor die deur van die ANC-regering geplaas moet word. Sy is na dié opspraakwekkende uitlating gevra om die vergadering te verlaat waar sy kort daarna uit die Eskom-raad bedank het.

Nóg ʼn stem wat sterk na vore kom is Johan Vorster, uitvoerende hoof van Clover, wat ʼn streep teen die hoogs onbeholpe plaaslike Ditsobotla-munisipaliteit in Lichtenburg getrek het, en na etlike jare se swak dienslewering die Clover-fabriek noodgedwonge moes skuif, wat tot meer as 300 werksverliese gelei het. Vorster het onlangs by ʼn gespreksgeleentheid in George na president Ramaphosa se besluitelose leierskapstyl verwys en ʼn beroep op gemeenskappe gedoen om ʼn verskil te maak waar hulle woon. “Een persoon kán ʼn verskil maak,” het Vorster gesê.

Dit is kenmerkend aan sakelui dat hulle openbare uitlatings oor aktuele sake eerder vermy, en dat politieke partye en die burgerlike samelewing eerder hierdie spasie opneem en verandering bewerkstellig. Dit is te verstane dat sakelui in die agtergrond bly wanneer daar onstuimighede in die openbare- of politiese- sfeer is, want hulle loop ʼn risiko om as aktivisties of bevooroordeeld voor te kom sou hulle wel in die kryt klim.

Die krisis wat teweeggebring word deur die regering noop egter die sakegemeenskap om baie beslis in die openbare kryt te klim, die stand van sake te veroordeel, die regering as sondebok onbeskaamd uit te wys, en saam aan oplossings te werk. Sakelui moet toenemend tot hierdie gesprekke toetree, en kan gerus wees dat hulle getroue, lojale en vasbeslote bondgenote sal hê in die vorm van georganiseerde gemeenskappe wat reeds ywerig te werk gaan om ʼn nuwe werklikheid te bou, en ʼn verskil te maak waar jy woon.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende