30 September 2022
Die departement van gesondheid wil binnekort soveel moontlik gesondheidsfasiliteite van beurtkrag kwytskeld.
Dit volg nadat die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika ‘n beroep op die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla gedoen het om te verseker dat hospitale nie onder beurtkrag deurloop nie.
Phaahla het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê daar is tans 37 hospitale wat landswyd van beurtkrag kwytgeskeld word.
Volgens hom is die departement reeds in gesprek met Eskom leiers om meer hospitale van beurtkrag kwyt te skeld.
Phaahla sê dat beurtkrag ‘n negatiewe uitwerking het op dienslewering, mediese toerusting, die veiligheid van personeel en die gesondheidsfasiliteite se vermoë om medisyne en entstowwe koud te hou.