Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Meer as 7000 moorde in drie maande gepleeg

23 November 2022

Meer as 7 000 moorde is tussen Julie tot September vanjaar in Suid-Afrika gepleeg.  

Die derde kwartaal se misdaadsyfers is vanoggend deur die minister van polisie, Bheki Cele bekend gemaak. Hy sê 3039 moorde was weens padwoede-aanvalle, argumente en misverstande.

Hoewel daar ‘n toename in alle ernstige misdade was, het die moordkoers die ergste gestyg. Die meeste moorde is in Inanda in KwaZulu-Natal gepleeg, gevolg deur Umlazi, ook in KwaZulu-Natal en Nyanga in die Wes-Kaap.

Roof met verswarende omstandighede of gewapende roof het met 22% toegeneem teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Motorkapings het met 23,6% toegeneem.

Cele het ten opsigte van geweld teen vroue gesê dat die koers waarteen vroue in Suid-Afrika misbruik, geskend en vermoor word is kommerwekkend en onaanvaarbaar.  

Hy sê meer as 13 000 vroue is tussen Julie en September vanjaar die slagoffers van geweld met die doel om ernstig te beseer.  Meer as 10 000 verkragtingsake is aangemeld.

Volgens Cele het sowat 62% van verkragtings in die slagoffers se eie huise plaasgevind.   

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende