14 Mei 2024
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê nagenoeg 76 580 mense in die buiteland is gereed om Vrydag 17 Mei en Saterdag 18 Mei hulle kruisies te trek in Suid-Afrika se algemene verkiesing.
Die OVK het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou met die oog op die verkiesing wat op 29 Mei in Suid-Afrika plaasvind. Volgens die kieshoof, Sy Mamabolo sal stemlokale in die buiteland vanaf 07:00 tot 19:00 op beide dae oop wees.
Hy het ook gesê dat nagenoeg 5 000 persone – wat 160 organisasies verteenwoordig – goedgekeur is om as waarnemers tydens die komende verkiesing op te tree. Dit sluit plaaslike sowel as internasionale waarnemers in.
Voornemende waarnemers kon al reeds in Augustus verlede jaar begin met die aansoekproses.
Mamabolo het weer benadruk dat die OVK gereed is vir die verkiesing en dat veiligheidsmaatreëls sal geld om die stemproses meer toeganklik vir alle geregistreerde kiesers te maak, ongeag hulle fisiese vermoë.
[Media Briefing] General readiness for 2024 National and Provincial Elections https://t.co/hYqUd8X9gg
— IEC South Africa (@IECSouthAfrica) May 14, 2024