Meer as 600 sake van korrupsie, bedrog en geldwassery in munisipaliteite ondersoek


Luister nou

Volgende

Meer as 600 sake van korrupsie, bedrog en geldwassery in munisipaliteite ondersoek

13 Junie 2023

Die VF Plus sê die omvang van munisipale korrupsie en bedrog onder verál ANC-beheerde munisipaliteite landwyd, is vandag weer belig tydens ʼn vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake.

Die Valke, Nasionale Vervolgingsgesag, en die Spesiale Ondersoekeenheid het bekend gemaak dat daar tans 647 sake van bedrog, korrupsie en geldwassery in munisipaliteite ondersoek word. Honderdmiljoene rand se belastinggeld is ter sprake.

Volgens die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, Michal Groenewald sê in die Oos-Kaap word 46 sake ondersoek, 60 in die Vrystaat en 64 in die Noordwes-provinsie.

Groenewald meen dit is skreiend dat hierdie, meestal plattelandse munisipaliteite, skynbaar deur ANC-kaders geteiken word om hulself te verryk ten spyte daarvan dat inwoners reeds gebuk gaan onder ʼn verval in dienslewering weens onder meer ʼn lae inkomste.

“Só is munisipaliteite soos byvoorbeeld Maluti-a-Phofung (voormalige Qwaqwa) in die Vrystaat (13 sake), en Matlosana (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) in Noordwes (14 sake), reeds byna oor die afgrond gestroop van munisipale fondse en bates onder die ANC.”

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Meer as 600 sake van korrupsie, bedrog en geldwassery in munisipaliteite ondersoek


Luister nou

Volgende