29 November 2022
WhatsApp-rekords van miljoene mense in 84 lande is gesteel en nou te koop.
Luidens berigte is die data van byna 500-miljoen mense nou in die hande van kuberkrakers.
Daar word in die stadium óók beweer dat ‘n bygewerkte databasis van 487 miljoen selfoonnommers, wat vanjaar WhatsApp gebruik het, betrokke is. Netwerk24 berig dat dít neerkom op amper ‘n kwart van die mense wat WhatsApp gebruik.
Volgens ‘n navorser oor kubersekerheid verbonde aan KnowBe4Africa is dit ‘n voorbeeld van nog persoonlike inligting wat gesteel is.
WhatsApp het egter op sy Twitter-profiel verskeie opsies om jou persoonlike inligting te beskerm.
https://twitter.com/WhatsApp/status/1596195008624861187