1 November 2021
Meer as 3,5-miljoen kiesers het teen 12:00 hulle stem in die plaaslike regeringsverkiesing uitgebring.
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Glen Mashinini het tydens die middag se inligtingsessie gesê dat 99% van die 23 000 stempunte betyds oopgemaak het.
Hy het bevestig dat daar enkele voorvalle was – waaronder een waar ‘n verslaggewer van Newzroom Afrika in hegtenis geneem is nadat hy glo by die kiesbeampte se werksaamhede ingemeng het.
LEES OOK: SPESIALE STEMME: 83% VAN GEREGISTREERDE KIESERS DAAG OP
‘n Aantal stempunte in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het glad nie oopgemaak nie weens protesoptrede deur ontevrede lede van die gemeenskap.
Mashinini sê ten spyte van die enkele voorvalle is hulle tevrede met die stemproses tot dusver.
Die OVK het vroeër aangedui dat hy een van sy kiesbeamptes in hegtenis geneem is nadat hy betrap is waar hy ‘n aantal stembriewe in ‘n stembus geprop het.
Die kommissie sê die voorval sal nie die uitslag van die verkiesing beïnvloed nie.
Stem vir die Aitsa’s