24 April 2024
Die Departement van Onderwys in Limpopo beplan om sowat 2 500 vakante onderwysposte gedurende die 2024/2025-boekjaar te vul.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het onlangs aan parlementslede gesê, die land het 31 462 vakante onderwysposte, terwyl 4 933 daarvan in Limpopo beskikbaar is.
Die aankondiging volg na onlangse kritiek deur die DA.
Die opposisieparty is van mening dat die vakatures leerlinge van gehalte-onderrig ontneem.
Die departement hou egter vol dat die vakante poste nie gelykstaande is aan ‘n tekort aan onderwysers in klaskamers nie, aangesien tydelike onderwysers aangestel is.
Volgens die departement sal die advertensie volgende week gepubliseer word.