2 November 2021
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het tydens sy jongste inligtingsessie bekend gemaak dat daar teen 10:30 vanoggend reeds 27% van die uitslae getel is.
Die kommissie verwag dat nagenoeg 90% van die stemme teen vanaand getel sal wees, terwyl die oorblywende 10% ‘n bykomende 24 uur sal neem om te tel.
LEES OOK: WNNR VOORSPEL LAAGSTE KIESERSOPKOMS SEDERT 2006
Die Noord-Kaap is die provinsie wat die grootste persentasie van sy stemme reeds getel het – 74% – gevolg deur die Vrystaat met 26%
Die kommissie het ook aangedui dat daar nagenoeg 12,1-miljoen kiesers hulle stemme uitgebring het wat ongeveer 46% van die geregistreerde kiesers verteenwoordig.
Daar is ‘n beroep op politieke partye gedoen om verantwoordelik te wees met hulle opmerkings oor die kiesersopkoms aangesien daar vooraf reeds gewaarsku is dat die opkoms aan die lae kant gaan wees.
Die OVK het ook kennis geneem van Eskom se waarskuwing dat beurtkrag moontlik die telproses kan beïnvloed en is in gesprek met die kragvoorsiener om te kyk of die invloed daarvan by telsentrums beperk kan word.
Die nasionale uitslagsentrum in Pretoria sal nie deur beurtkrag geraak word nie aangesien daar rugsteunstelsels op die perseel is.
Stem vir die Aitsa’s