12 April 2021
2170 polisievoertuie in Gauteng is in onbruik.
Die DA se skadu-LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, Michael Shackleton sê die party doen ‘n dringende beroep op die minister van polisie, Bheki Cele en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko om toe te sien dat hierdie polisievoertuie so gou moontlik herstel word en aan die onderskeie polisiestasies terugbesorg word.
Hy sê in November verlede jaar was 1407 polisievoertuie in onbruik, wat beteken dat nog 763 motors sedertdien nie gebruik kan word nie.
Die meeste polisievoertuie – 100 – staan en stof vergaar by die Vereeniging-polisiestasie. In Benoni kan 82 polisievoertuie nie gebruik word nie.
In totaal kan byna 6000 polisievoertuie in Gauteng tans gebruik word.
Volgens Shackleton is Gauteng inwoners duidelik nie ‘n prioriteit nie.