20 Augustus 2021
Elf leerlinge is ernstig beseer, terwyl nog elf lig beseer is toe ‘n minibustaxi vanoggend voor die Parlement in Kaapstad teen ‘n keerpaal gebots het.
Luidens berigte is die bestuurder ook beseer. Minstens 22 kinders was op pad skool toe, toe die ongeluk plaasvind. Volgens die verkeersdienste se woordvoerder, Richard Coleman het die ongeluk net voor 07:00 vanoggend plaasgevind. Hy sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Die polisiewoordvoerder, kolonel André Traut sê 12 leerlinge en die bestuurder is in die hospitaal opgeneem. Hy sê ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
https://twitter.com/SISONKE_MD/status/1428604431046692865
Hou Afrikaans op die lug