25 Januarie 2022
‘n Verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) oor die staat se besteding in sy reaksie op die Covid-19 pandemie is bekend gemaak.
Volgens President Cyril Ramaphosa se kantoor het hy die finale verslag oor die SOE se ondersoek na meer as 5400 staatskontrakte vrygestel.
Luidens dié verslag is bevind dat 2803 van dié betrokke kontrakte onregmatig toegeken is. Dit is 62% van die totale Covid-19 verwante kontrakte.
Volgens die president se verklaring het die eenheid aangedui dat meer as R550-miljoen terug gevorder behoort te word.
Tot op hede is net meer as R34-miljoen terug gevorder. Die SOE sê in ‘n verklaring dat hy teen Maart of April al sy ondersoeke wil afhandel.
https://twitter.com/PresidencyZA/status/1485888816338583553