Meer as 1300 Gautengse leerlinge steeds nie in skole geplaas nie


Luister nou

Volgende

Meer as 1300 Gautengse leerlinge steeds nie in skole geplaas nie

10 Januarie 2022

‘n Totaal van 1394 voornemende graad 1- en 8 leerlinge van Gauteng is nog nié in skole geplaas nie.

Die departement van onderwys in Gauteng het vanoggend terugvoer gegee oor die plasingsproses. 236 van die kinders wat nog nie geplaas is nie, moet vanjaar in graad 1 wees, terwyl 1158 van die ongeplaaste leerlinge in graad 8 moet wees.

Volgens die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane is 290 751 leerlinge wél in skole geplaas. Hy sê sy departement is hard aan die werk om te verseker dat alle kinders wel teen môre hulle skoolloopbaan kan begin.

In die Ekurhuleni distrik is 236 graad 1 leerlinge nie geplaas nie. In Kempton Park is 501 voornemende graad 8 leerlinge nog nie geplaas nie. In die Tshwane Wes distrik in Akasia en Theresa Park is 223 voornemende graad 8 leerlinge nog nie geplaas nie.

In Roodepoort het 434 graad 8 leerlinge nog nie ‘n plek in ‘n skool nie.

Volgens Chiloane is sy departement ook uiters bekommerd oor die aantal skole wat gevandaliseer word en het opnuut ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om nie skole te teiken nie. Hy sê sedert 1 Januarie 2022 is 120 skole in die provinsie gevandaliseer, waarvan 24 gedurende die afgelope Desember vakansie.

488 skole word tans instand gehou, terwyl 878 klaskamers gebou word. Chiloane het ook belowe dat 297 nuwe skole in die pyplyn is met vier skole wat reeds vanjaar open. Die eerste skool, ‘n sekondêre skool open môre in Garankuwa in die noorde van Pretoria.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Meer as 1300 Gautengse leerlinge steeds nie in skole geplaas nie


Luister nou

Volgende