27 Oktober 2023
Die Oos-Kaapse departement van gesondheid het bevestig dat 120 leerders van twee skole na plaaslike klinieke gehaas moes word – met een van hulle wat in ‘n kritieke toestand is.
Volgens die departement is meer as 50 van hulle na verskillende hospitale oorgeplaas.
Daar word beweer dat die leerders kos geëet het wat by informele handelaars gekoop is.
Hierdie is die jongste in ‘n reeks soortgelyke voorvalle wat in verskillende provinsies aangemeld is, met minstens vyf kinders wat dood is.
‘n Woodvoerder van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement, Sizwe Kupelo sê dat kliniese toetse tans uitgevoer word om die oorsaak van die moontlike voedselvergiftiging te probeer vassstel.