Meer as 1 400 mense gedurende die feestyd op SA se paaie oorlede


Luister nou

Volgende

Meer as 1 400 mense gedurende die feestyd op SA se paaie oorlede

24 Januarie 2024

Die departement van vervoer het bevestig dat 1 427 mense die afgelope feesseisoen in meer as 1 000 padongelukke oorlede is. 

Daar was ‘n afname van 2,3% in die hoeveelheid ongelukke wat aangemeld is. In 2022/2023 is 1 212 ongelukke aangemeld.

Die padsterftesyfer is vanoggend deur die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga bekend gemaak.

Volgens haar het die sterftesyfer in die Vrystaat, die Oos- en Noord-Kaap, Limpopo en Noordwes gedaal, terwyl dit in die ander provinsies gestyg het. 

Menslike faktore was vir 80,8% van die padongelukke verantwoordelik. Chikunga sê die reënval tydens die Desember-vakansie het toestande op die paaie versleg. Sy 10,4% van die ongelukke deur reën en erge donderstorms veroorsaak.

40,9% van die oorledenes was voetgangers. 33,6% passasiers van voertuie en 24,6% drywers is oorlede. Volgens Chikunga was die meeste oorledenes tussen 25 en 44 jaar oud.

Die besigste tye op die paaie was enkele dae voor Kersdag. “Op 20 Desember het die tolhekke op hoofroetes 853 564 voertuie getel.” Wat padveiligheid betref het wetstoepassers 1,4-miljoen voertuie afgetrek, waartydens 7 820 bestuurders in hegtenis geneem is, vir ondermeer spoedoortreding, bestuur onder die invloed van drank en roekelose bestuur.

“78 958 boetes is vir die oortreding van die spoedgrens uitgereik in vergelyking met verlede jaar se 34 576 boetes.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Meer as 1 400 mense gedurende die feestyd op SA se paaie oorlede


Luister nou

Volgende