22 Julie 2022
Die minister van toerisme Lindiwe Sisulu het teruggekrabbel oor haar uitlatings dat sy kanker medisyne vanaf Rusland in die land probeer insmokkel het, om aan die ANC adjunk-sekretaris-generaal Jessie Duarte te gee.
Sisulu het vroeër die week gesê sy het die medisyne uit Rusland probeer kry om Duarte te help, maar was te laat. Duarte is Sondag oorlede.
Sisulu sê nou sy het “nie die medisyne in haar bagasie probeer inbring nie, maar die medikasie was in haar kop.”
Sy sê sy het die jongste kankernavorsing in Rusland gaan ondersoek, om nuwe kankeroplossings terug te bring Suid Afrika toe.
Sisulu sê diegene wat haar nie glo nie, kan hel toe gaan. Sy het die afgelope ruk kritiek ontlok nadat dit aan die lig gekom het dat sy die pille die land wil inbring ondanks die feit dat hier in Suid-Afrika ook kanker medikasie is.