Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Mediese skool moontlik op die horison vir die NWU

9 April 2021

Die Noordwes-Universiteit sê hy is steeds besig met planne om in die nabye toekoms ‘n mediese fakulteit as deel van sy leerplan op die been te bring.

Die universiteit se visekanselier, prof. Dan Kgwadi sê die uitwerking van die Covid-19-pandemie op gesondheidswerkers landswyd het hulle saak vir die behoefte aan ‘n mediese skool versterk.

Kgwadi sê hy is vol vertroue dat die NWU genoegsame hulpronne het om mediese rigtings by sy leerplan te kan voeg.

Hy sê die plan is dat mediese fakulteite op beide die Mafikeng- en Potchefstroom kampusse opgerig word.

Volgens hom is die universiteit gereed vir so ‘n stap, maar dat hul ook ondersteuning vanuit verskeie oorde nodig het om dié droom te bewaarheid.

Kgwadi sê die finale besluite oor ‘n mediese fakulteit by die NWU berus nou by die departement van gesondheid en die departement van hoër onderwys.

Volgens hom is daar nie net in Noordwes ‘n behoefte vir ‘n mediese skool nie, maar ook landswyd.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende