24 Februarie 2022
Die mediese groep, Mediclinic, het besluit om vir eers sy beleid oor verpligte inentings op ys te plaas.
Alle personeel sal gevolglik – tot nadere kennisgewing – binne die groep geakkommodeer word en geen stappe sal vir eers gedoen word teen diegene wat hulle nie teen Covid-19 laat inent nie.
Mediclinic het besluit om vir eers sommige van sy maatreëls te verslap weens die verminderde risiko in die werksplek wat deur die Omikron-variant van die virus veroorsaak is.
Die hospitaalgroep sou aanvanklik al hulle werknemers verplig het om van April af teen die virus ingeënt te word nadat daar besluit is dat ‘n verpligte inentingsbeleid nie net wenslik is nie, maar ook die etiese ding is om te doen.