8 April 2024
Die Franse mediareus, Canal+, het aangekondig dat hy nou ‘n verpligte aanbod gedoen het vir ‘n oorname van MultiChoice, met ‘n aanbod van R125 per aandeel.
Die nuwe aanbodprys is byna 67% hoër as wat MultiChoice se aandeelprys was net voordat Canal+ sy eerste aanbod in Februarie gedoen het. Dié transaksie sal MultiChoice op nagenoeg R55,3 miljard waardeer, teenoor R49,7 miljard tans.
’n Vroeëre nie-bindende aanbod van R105 per aandeel is deur die direksie van Afrika se grootste betaalkanaal van die hand gewys.
MultiChoice se aandeelprys het Vrydag net bo R112 per aandeel gesluit.
DStv én Showmax word deur MultiChoice besit.