Medelye stroom in vir NWU-student, wat saam vier ander in motorongeluk sterf


Luister nou

Volgende

Medelye stroom in vir NWU-student, wat saam vier ander in motorongeluk sterf

4 Augustus 2021

Medelye stroom in vir ‘n 20-jarige student aan die NWU, wat die afgelope naweek tydens ‘n motorongeluk saam met vier ander mense dood is.

Die onderwysstudent, Marelize Steyn (oorspronklik van Askham in die Noord-Kaap) is dood toe sy Saterdagoggend 04:30 (31 Julie) in haar silwerkleurige Toyota Etios in die rigting van Ventersdorp op pad was en reg van voor teen ‘n Volkswagen Polo gebots het.

Die polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh het aan die Potchefstroom Herald gesê “dat volgens die polisieverslag het die bestuurder van die silwerkleurige Volkswagen Polo eers agter ‘n wit Toyota Yaris in Potchefstroom se rigting gery voordat hy die Yaris verbygesteek en met die aankomende voertuig gebots het.”

Die bestuurder en drie passasiers van die Polo is op die toneel dood verklaar. ‘n Vierde passasier is ernstig beseer.

Die LaVaria dameskoshuis, waar Steyn ‘n inwoner was, het op hulle Facebook-blad hulde aan haar gebring. “Sy was ‘n beeldskone dame met ‘n hart van goud. Haar liefde vir die Here het deur haar geskyn.”

‘n Vriendin het op Facebook gesê dat die Hemel ‘n engel bygekry het. “Jou mooi hart, bright glimlag, en jou positiewe energie gaan so baie gemis word.”

Die NWU se onderwys fakulteit het ook hulde gebring en sê Steyn was deel van die span van klas verteenwoordigers. “Ons gebede gaan uit na haar familie en vriende toe.”

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Medelye stroom in vir NWU-student, wat saam vier ander in motorongeluk sterf


Luister nou

Volgende