Medelye stroom in na geliefde akteur se dood


Luister nou

Volgende

Medelye stroom in na geliefde akteur se dood

21 Julie 2021

Die Suid-Afrikaanse akteur, Lieb Bester is omstreeks half 6 vanoggend in die ouderdom van 72 oorlede nadat hy reeds ‘n geruime tyd met sy gesondheid worstel.

Bester was vanaf 2004 tot 2016 as prof. Fritz Retief in die sepie, Villa Rosa te sien. 

Hy is vroeër vandeesmaand vir die tweede keer met Covid-19 in die hospitaal opgeneem.

Sy broer, ds. André Bester van die Evangelies-Gereformeerde kerk Rietfontein in Pretoria het die nuus bevestig. Hy sê hoewel sy ouer broer vroeër met Covid-19 gediagnoseer is, het hy dit die afgelope twee weke nie meer gehad nie.

Volgens hom was die effek van die virus egter steeds sigbaar en sy organe is beskadig.

Bester het almal bedank vir hul gebede en ondersteuning in hierdie tyd.

Intussen stroom boodskappe van medelye op sosiale media in. Philip van Staden van die VF Plus meen die land sal “oom Lieb” nooit kan vergeet nie. “Dankie vir die enorme bydrae wat oom gelewer het tot die kunste en filmbedryf in Suid-Afrika. Suid-Afrika sal oom nooit vergeet nie.”

Die mode-ontwerper, Thomas Thomson onthou toe hy saam met Bester gewerk het. “Lieb Bester en Natania se ‘troue’ was een van die lekkerste waarop ek gewerk het. Hy het my altyd met die hand gegroet wanneer ek op stel kom. Ongelooflik talentvol.”

Steve Hofmeyr onthou ook sy tyd saam met Bester in Agter elke Man – die fliek.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpIRgvQWUAAJIpG

DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor

Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,

Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Go6hdNIX0AAO0Ry

Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

Ander Nuus Artikels

GpIavQ2WsAAYfFl
EFF-lede betoog oor Orania
E
Die EFF sê “ryk mense moet belas word” eerder as ‘n BTW-verhoging
MK
“Bestaan van kultuurgemeenskappe soos Kleinfontein moet erken word”
GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Medelye stroom in na geliefde akteur se dood


Luister nou

Volgende