Medelye stroom in na die voormalige IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, in die ouderdom van 95 oorlede is.
Die IVP-leier, Velenkosi Hlabisa, sê Buthelezi was ‘n ware leier wat sy lewe aan die party en die land gewy het.
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het ‘n leier verloor en sy familie en geliefdes sterkte toegewens in die tyd van rou.
Die leier van die VF Plus, dr Pieter Groenewald, sê Buthelezi het gesag in die parlement afgedwing, terwyl die leier van Action SA, Herman Mashaba, vandag as ‘n hartseer dag beskryf het.
Afriforum se hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking, Barend Uys, sê hy sal Buthelezi onthou vir sy integriteit en toewyding om vreedsame oplossings te vind vir die komplekse naasbestaansvraagstuk waarmee kultuurgemeenskappe hier aan die suidpunt van Afrika te kampe het.
Buthelezi was die stigter en emeritus president van die Inkatha Vryheidsparty.
Hy het ook in die kabinet van oudpresident Nelson Mandela as minister van binnelandse sake gedien.