Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

McKenzie tree in die bresse vir ‘Die Stem’

16 Julie 2024

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê hy is nie skaam om sy steun vir die “Die Stem”-gedeelte van die Suid-Afrikaanse volkslied uit te spreek nie.

Netwerk24 berig McKenzie het vandag in ’n debat in die Nasionale Vergadering oor sy eerste begrotingsrede vir “Die Stem” in die bresse getree.

Dit het gevolg nadat die EFF-LP, Fana Mokoena, gesê het dat daar van “Die Stem” ontslae geraak moet word, omdat dit volgens hom – soos die ou Suid-Afrikaanse vlag – kentekens van apartheid is.

Mokoena meen dit maak nie sin dat daar met die ou landsvlag weggedoen is, maar “Die Stem” behou is nie, omdat die twee volgens hom met mekaar verband hou en aanstootlik is.

Volgens McKenzie moet die Suid-Afrikaanse volkslied egter beskerm word en dui “Die Stem” – wat deel daarvan is – op hoe Suid-Afrikaners as ’n nasie gevorder het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende