27 Julie 2022
Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê korrupsie sal nie weer by die Passasierspooragentskap, PRASA, geduld word nie.
Hy het ook gesê hy sal met sy ampsgenote – wat in beheer staan van die portefeuljes van polisie en justisie – in gesprek tree om ‘n gespesialiseerde span op die been te bring om dié misdaad binne PRASA te bestry.
Volgens Mbalula is daar steeds ‘n klomp misdadigers binne die groep en wil hy alles in sy vermoeë doen om dit uit te roei.
Die minister het dié stellings gemaak tydens die her-ingebruikneming van die sentrale spoorlyn in Kaapstad. Dit is in 2019 gesluit weens diefstal, vandalisering en die onwettige beset van grond in die omgewing van die spoorlyn.