26 November 2021
Die minister van vervoer, Fikile Mbalula het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat ‘n besluit oor die toekoms van die omstrede e-tol-stelsel eers in Februarie se begroting bekend gemaak kan word.
Volgens hom was die plan aanvanklik om ‘n aankondiging daaroor te maak in die afgelope mediumtermynbegrotingsrede (MTBR), wat onlangs deur die minister van finansies, Enoch Godongwana gelewer is. Mbalula het egter tydens die konferensie gesê dat daar “nie genoeg tyd was om met die nodige rolspelers daaroor te vergader nie.”
Mbalula sê Godongwana sal nou tydens sy volgende begrotingsraamwerk in Februarie ‘n aankondiging oor e-tol maak.
https://twitter.com/Dotransport/status/1464178169964122116
Stem vir die Aitsa’s