Mbali Ntuli bedank uit die DA


Luister nou

Volgende

Mbali Ntuli bedank uit die DA

17 Maart 2022

Die DA se lid van die KwaZulu-Natalse provinsiale wetgewer, Mbali Ntuli het bedank. 

Sy het vanoggend in ‘n verklaring gesê dat haar bedanking noodsaaklik was en dat haar besluit nie maklik was nie. Sy het in haar brief gesê dat sy bepaalde uitdagings binne die party beleef het, maar meen die uitdagings is reeds verskeie kere in die media geopenbaar daarom wil sy nie daarop uitbrei nie.

Ntuli was ook die woordvoerder vir samewerkende regering en tradisionele sake. Sy het 15 jaar gelede by die DA aangesluit en het die party se eerste tak by die Rhodes Universiteit begin. “Ek het by die DA aangesluit omdat ek met my hele hart glo in verandering en die belangrikheid daarvan.”

Ntuli het in 2020 saam met die huidige leier, John Steenhuisen haar naam in die hoed gegooi vir die pos van die party se leier nadat Mmusi Maimane bedank het.

“Ek wil my kollegas bedank vir die groot rol wat hulle in my lewe gespeel het en hulle bydra tot my politieke groei.”


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Mbali Ntuli bedank uit die DA


Luister nou

Volgende