Matriekuitslae: Slaagsyfer vertel nie die volle verhaal nie, meen SOS


Luister nou

Volgende

Matriekuitslae: Slaagsyfer vertel nie die volle verhaal nie, meen SOS

19 Januarie 2024

Die Solidairteit Skoleondersteuningsentrum, die SOS sê hy is trots op die matriekklas van 2023, wat te midde van uitdagende omstandighede steeds baie goed presteer het.

Die groep kon ‘n slaagsyfer van 82,9% behaal, ‘n verbetering van 2,1%. Die Vrystaat het die beste gevaar, gevolg deur KwaZulu-Natal en Gauteng.

Die hoof van ontwikkeling by die SOS, Melanie Buys sê die matriekuitslae is een van die belangrikste barometers van die gesondheid van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel.

Buys vra egter die vraag of die uitslae ‘n ware weerspieëling is van die gehalte onderwys in Suid-Afrika. Sy sê die feit dat  vanjaar ‘n verkiesingsjaar is, kan nie geïgnoreer word nie en politieke motiewe het duidelik ‘n rol in die minister se aanbieding van die uitslae gespeel.

Sy sê ondermeer die prestasie van provinsies soos Vrystaat en Kwazulu-Natal, wat tradisioneel nie as akademiese voorlopers beskou word nie, laat ook wenkbroue lig, veral in die lig van die Wes-Kaap se onverwagse vyfde plek.

“Goeie onderrig en betroubare standaarde, soos dié van die IEB, kan nie afgemaak word as
bevoorregting nie. Faktore soos ‘n sterk skoolhoof, ‘n gedissiplineerde onderwyskorps, ‘n kultuur
van werk en toewyding, lae afwesigheid van leerders en onderwysers, beperkte negatiewe
impak van vakbonde, goed opgeleide onderwysers en betrokke ouers is die rede vir die sukses
van ‘n skool,” sê Buys.

Sy sê alhoewel die matriekuitslae gevier moet word, moet ons ook erken dat ‘n slaagsyfer nie die
volle verhaal vertel nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Matriekuitslae: Slaagsyfer vertel nie die volle verhaal nie, meen SOS


Luister nou

Volgende