14 Julie 2022
‘n Massagraf is in Pole ontdek, waar 15,8 ton se menslike as gevind is.
Die graf is buite die destydse Soldau Nazi konsentrasiekamp ontdek. Dit staan deesdae bekend as Dzialdowo, noord van Warskou.

Volgens kenners is die 15,8 ton se as, die oorblyfsels van ten minste 8000 mense, wat daar dood is. Dit sou beteken dat byna twee kilogram se as aan een liggaam toegeken kan word.
Die nagenoeg 8000 slagoffers is waarskynlik in 1939 doodgeskiet. In totaal is daar na bewering 30 000 mense in dié kamp dood, insluitend Jode en Politieke gevangenes.
Die Nazis het in 1944 opdrag gegee dat die persone se oorskotte opgegrawe en verbrand moet word, in ‘n poging om die getuienis van oorlogsmidade uit te wis.