Masels in nóg ‘n Vrystaatse dorp aangemeld


Luister nou

Volgende

Masels in nóg ‘n Vrystaatse dorp aangemeld

17 Januarie 2023

Kinders tussen ses- en 15 jaar oud in die Thabo Mofutsanyana-distrik in die Vrystaat moet dringend teen masels ingeënt word nadat nuwe gevalle aangemeld is. 

Dié distrik sluit die dorp, Bethlehem en omliggende gebiede is en toon nou die hoogste syfer van infeksie.

Die waarnemende woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, Elke de Witt sê die departement moes dringend ingryp en kan nie wag tot die nasionale maselveldtog in Februarie nie. 

Volgens De Witt is daar tans 12 aktiewe gevalle in die Vrystaat.

Al die geraakte kinders is onder 5 jaar oud. Gesondheidswerkers sal nou skole en sorgsentrums in Bethlehem besoek om kinders teen masels in te ent.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gty3kIbWsAAix-H

ActionSA eis advokaat Shamila Batohi se verwydering uit haar amp

zondo

Valke ondersoek nog net vier staatskapingsake

Misdaadtoneel 1

Graad 11-leerling deur matriekleerling met mes doodgesteek

Kgosientsho3-2

Oortyd by Eskom kos meer as R3-miljard

masels2-1

Toenemende voorvalle van masels in Pretoria aangemeld

Ander Nuus Artikels

paul-kruger-gate-786x416-1
Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur
pexels-arina-krasnikova-6663368
“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”
Julius-Malema6
Malema wéér toegang tot die VK geweier – AfriForum verwelkom die besluit
Gty3kIbWsAAix-H
ActionSA eis advokaat Shamila Batohi se verwydering uit haar amp
zondo
Valke ondersoek nog net vier staatskapingsake

Masels in nóg ‘n Vrystaatse dorp aangemeld


Luister nou

Volgende