23 Junie 2022
Die 5-jarige kleuter van Brakpan, Marno Muller is gistermiddag uit die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg ontslaan nadat hy byna ‘n maand gelede ‘n ongeluk by sy skool se glyplank gehad het.
LEES OOK: KLEUTER KRITIEK NA GLYPLANK-ONGELUK
Marno het op 26 Mei aan sy baadjie se toutjies verstrengel geraak toe hy gegly het.
Sy ma, Helga Muller het op haar Facebook-blad gesê dat die gesin deur 29 dae van baie trane, baie bid en hoop is. Sy sê dokters is baie tevrede met sy vordering en meen daar is geen breinskade nie.
LEES OOK: KLEUTER SE STORIE DEUR SWENDELAARS MISBRUIK
Volgens Muller sal Marno wel nog moet gaan vir fisioterapatie en spraakterapatie.