20 Maart 2024
Die voormalige uitvoerende hoof van die ineengestorte Steinhoff-groep, Markus Jooste, het ’n boete van byna ’n half-miljard-rand van die Gedragsowerheid vir Finansiële Dienste gekry.
Die kommissaris van die FSCA, Unathi Kamlana sê dit volg ná ’n omvattende en deeglike ondersoek.
Intussen gaan ’n strafregtelike klagte ook by die Valke aanhangig gemaak word, om by die groter bedrogondersoek gevoeg te word.
Die straf vir ’n skuldigbevinding is R50-miljoen-rand of 10 jaar of beide.
Die omvang van die boete is onder meer bepaal op girond van die aard, duur en erns van die oortredings asook Jooste se beperkte samewerking.