27 November 2023
President Cyril Ramaphosa sê dit hang van mans en seuns af om die siklus van geslagsgebasseerde geweld te breek.
Hy het dit in sy weeklikse nuusbrief geskryf met die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders wat Saterdag begin het. Volgens Ramaphosa beskou baie mans geweld teen vroue as ‘n sogenaamde privaat of familie-saak.
Hy sê in die meeste gevalle van geslagsgebasseerde geweld is die verdagte bekend aan die slagoffer.
Ramaphosa sê Suid-Afrika moet meer fokus op die manier waarop seuns grootgemaak word, omdat hulle dan verantwoordelike mans sal word wat sorg vir hulle families, en wat ‘n positiewe rolmodel kan wees.
Hy sê een van die planne wat die regering het om die geweld hok te slaan is om burgerlike organisasies, jeug-strukture en geloofsleiers te betrek. Ramaphosa sê verskeie regeringsdepartemente bied werkswinkels aan om mans te leer dat manlikheid nie beteken dat jy geweldadig hoef te wees teen vroue en kinders nie.