12 September 2023
President Cyril Ramaphosa het verklaar dat wyle prins Mangosuthu Buthelezi met ‘n spesiale amptelike begrafnis – Kategorie 1 – op Ulundi, KwaZulu-Natal, vereer sal word.
Buthelezi – wat vir lank die leier van die IVP asook die tradisionele eerste minister van die Zoeloemonarg en -nasie was – is die naweek in die ouderdom van 95 jaar oorlede. Hy was ook in ‘n stadium die minister van binnelandse sake.
Die Prins se begrafnis sal elemente van militêre eerbewyse behels.
Ramaphosa het opdrag gegee dat landsvlae van vandag af (12 September) – tot die aand van die begrafnis – halfstok moet hang. Die datum van die begrafnis is nog nie bekend nie.
Foto: The Mail & Guardian
