“Mangaung nie besorg oor dienslewering; stel nog amptenare aan teen meer as R10 miljoen per jaar”


Luister nou

Volgende

“Mangaung nie besorg oor dienslewering; stel nog amptenare aan teen meer as R10 miljoen per jaar”

25 Julie 2022

Die VF Plus in die Mangaung-metro meen dat amptenare van dié munisipaliteit nié besorg is oor dienslewering nie omdat hul eerder nog amptenare gaan aanstel teen meer as R10-miljoen per jaar.

Die VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, dr. Elizabeth Snyman van Deventer sê die betrokke poste is in die kantore van die burgemeester, adjunk-burgemeester, speaker, hoofsweep en voorsitter van die openbare rekeningekomitee.

“Van die aanstellings sluit in die hoof van personeel (R1,3 miljoen per jaar) vir die burgemeester, kantoorbestuurders (R1,2 miljoen per jaar) vir die hoofsweep, speaker en adjunk-burgemeester, sowel as ʼn spesiale raadgewer (R1,1 miljoen per jaar) vir die burgermeester,” verduidelik Snyman Van Deventer.

Sy meen aanstellings soos ‘n raadgewer is onnodig aangesien die hoof van personeel in die burgemeesterskantoor hierdie rol kan vervul.

“Die posvlakke met die gepaardgaande pligte, kwalifikasies en ervaring, regverdig nie hierdie salarisse nie. In ag genome dat die metro onder nasionale ingryping geplaas is en hierdie aanstellings nie finansiële herstel bevorder nie, gaan die VF Plus die nasionale minister van finansies versoek om ondersoek in te stel na die aangeleentheid voordat enige aanstellings gemaak word,” sê sy.

Foto: Soweton

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

“Mangaung nie besorg oor dienslewering; stel nog amptenare aan teen meer as R10 miljoen per jaar”


Luister nou

Volgende