16 Augustus 2021
Die voormalige speaker van die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana is ondanks sterk teenkanting van opposisiepartye tot dié metro in die Vrystaat se nuwe uitvoerende burgemeester verkies.
Hy het verlede week as speaker bedank en is vanoggend as burgemeester aangewys, ongeveer ‘n jaar nadat ‘n mosie van wantroue teen die voormalige burgemeester, Olly Mlamleli geslaag het. Sy word onder meer by korrupsie bewerings betrek.
Mapaseka Nkoane is tot nuwe speaker verkies in Siyonzana se plek.
Die ANC se Siyonzana het 57 stemme gekry teenoor die DA se Hardie Viviers se 25, met vyf bedorwe stemme.
Hou Afrikaans op die lug