30 November 2021
Die soektog na ‘n Johannesburgse man – wat in ‘n sleurstroom aan die KwaZulu-Natalse Suidkus onder die water verdwyn het – duur voort.
‘n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê die 20-jarige man het saam met vriende by Kidds Beach by Port Edward geswem toe hy meegesleur is.
Hy sê soek- en reddingspanne van die NSRI en die polisie is onmiddelik ontplooi nadat die voorval aangemeld is, en hulle kon daarin slaag om ‘n negentien-jarige slagoffer met geringe beserings na veiligheid te bring.
Die tiener het probeer om die ander swemmer na veiligheid te bring, maar kon net daarin slaag om self uit die sleurstroom te ontsnap.
Lambinon sê ten spyte van ‘n uitgebreide soektog ter see en langs die kus, is daar nog geen teken van die vermiste swemmer nie.
Stem vir die Aitsa’s