10 Augustus 2022
Paramedici is vanoggend na ‘n huis in Westville – in Durban – ontbied nadat ‘n motor onderstebo in die swembad gevind is.
By hulle aankoms is ‘n pasiënt – wat vermoedelik in sy veertigs was – binne die motor gevind.
‘n Woordvoerder van Redline Response, Derrick Banks, sê die pasiënt is by hulle aankoms dood verklaar.
Dit is nie bekend presies hoe lank die voertuig in die swembad was nie, maar bure sê hulle het kort ná middernag ‘n geraas gehoor. Die voorval word ondersoek.