15 September 2023
‘n Man van Kalifornië is onlangs op ‘n hoofweg naby San José, vir dronkbestuur van die pad af getrek, nadat verkeersbeamptes hom met ‘n oop bottel drank, op ‘n perd betrap het.
Padreëls in dié deelstaat geld glo ook in die geval wanneer diere as vervoermiddel gebruik word.
Volgens owerhede was hy duidelik onder die invloed van alkohol toe hulle hom genader het.
Hulle het hom daarna op die toneel in hegtenis geneem.
Die perd is veilig en intussen aan sy eienaar terugbesorg.
