18 September 2023
‘n Man is van die onwettige betreding van eiendom aangekla, nadat hy die afgelope naweek teen ‘n muur naby die Buckingham-paleis in Brittanje opgeklim het, om toegang tot die Royal Mews, langs die koninklike woning te verkry.
Die Royal Mews is verantwoordelik vir alle padreis-reëlings vir die koninklike huishouding. Dit is ook dieselfde plek waar die koninklike koetse aangehou word.
Die 25-jarige Awad Rovalino is ook van poging tot diefstal uit ‘n motor aangekla.
Hy het ook deur die loop van die dag in die Westminster-landdroshof verskyn.
Volgens die Buckingham-paleis was niemand van die koninklike familie in daardie stadium tuis nie.
