22 Maart 2023
‘n Man van Zimbabwe het verdrink nadat hy en twee ander mans in Hermanus deur branders van rotse afgeslaan is.
Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon sê beamptes van die NSRI in Hermanus asook die polisie is laat gistermiddag oor die voorval ingelig.
Die polisiewoordvoerder, kaptein Frederick van Wyk sê dat die mans net na 17:00 gistermiddag besig was om foto’s op die rotse te neem toe hulle onkant betrap is deur die branders.
Volgens Lambinon kon twee van die mans daarin slaag om self uit die water te kom, maar ‘n soektog moes begin het na die derde man wat op daardie stadium vermis was.
Hy is ure later gevind en op die toneel dood verklaar. ‘n Geregtelike doodsondersoek word tans gedoen.
Foto’s SA VENUES