Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Man uiteindelik in hof – 3 jaar ná dodelike botsing

4 April 2024

‘n 19-jarige man het vandag vir die eerste keer in die hof verskyn, byna drie jaar nadat ‘n plesierrit glo tot die 65-jarige Patrick Jewell se dood gelei het.

Kgaugelo Masenya het in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van strafbare manslag vir Jewell se dood. AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig Jewell se dogter, Jacky, in hierdie saak.

Volgens die eenheid se woordvoerder, Barry Bateman was Jewell op die betrokke dag op die sypaadjie buite sy huis besig om waterbottels in sy Hyundai i10 te laai om die blomme by sy vrou se graf te gaan natlei toe ‘n BMW om om die draai jaag en in Jewell tref.

Bateman sê Masenya se pa is ‘n kaptein by die SAPD se beskermings-en-veiligheidseenheid en daar word vermoed dat die SAPD se versuim om hierdie saak te ondersoek te wyte is aan polisiebeamptes wat vir hul kollegas skerm.

“Masenya word ook daarvan aangekla dat hy ’n voertuig sonder ’n lisensie bestuur het – hy was 16 ten tyde van die voorval.”

Bateman sê die saak sloer onnodig. “Ons vermoed dat die pa van die beskuldigde se titel in hierdie saak die rede was dat die saak nie ondersoek is nie. Dit beledig die beginsel dat almal gelyk is voor die reg en dit mag nie geduld word nie.

Die saak is uitgestel tot 10 April 2024

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

CYRIL IVOOR

“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap
Screenshot 2025-05-13 091435
49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom
Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende