27 Desember 2021
Een persoon is dood na sy voertuig vanoggend gerol het op die N4 in Pretoria.
Tshwane nooddienste het vroeg vanoggend op die ongelukstoneel by die Proefplaas wisselaar die voertuig uit ‘n stormwatersloot gehaal.
Die man is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk, maar daar word vermoed dat die man beheer oor die voertuig verloor het in die reënweer.