23 Januarie 2025
Die liggaam van die man, wat vanoggend uit die Hennopsrivier op die grens tussen Gauteng en Noordwes gehaal is, is intussen as die 36-jarige Timothy van Asche van Pretoria geïdentifiseer.
Dit volg nadat sy motor Maandag in die rivier beland het.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Hartbeespoortdam-span, saam met die Hartbeespoort Strategiese Reaksie-eenheid (SRU), het Maandag sy voertuig opgespoor.
Die man se liggaam is sowat 2 km stroomaf gevind, waar dit aan ’n tak vasgehaak was.
Beeldmateriaal toon dat hy Maandag om 04:00 sy woning in Midrand verlaat het, maar dit bly onbekend waarheen hy op pad was of wat die oorsaak van die voorval was.
’n Polisie-ondersoek is steeds aan die gang.