3 Februarie 2023
‘n Man is gisteroggend (2 Februarie) op sy kleinhoewe in Vyfhoek buite Potchefstroom vermoor.
Die polisie het bevestig dat die 74-jarige Johan Charl Bekker vermoor is.
Volgens die polisiewoordvoerder, kaptein Sam Tselanyane is die polisie op die spoor van vier verdagtes. Hy sê hulle is na bewering werknemers op die kleinhoewe.
“Die mans het die kleinhoewe betree, Bekker verwurg, en is toe na die huis waar hulle die huiswerker gedreig het. Sy vrou, Elsabe is buite die huis vasgebind.”
Volgens Tselanyane het die verdagtes met die egpaar se Mercedes-Benz van die toneel gevlug. Die saak word steeds ondersoek.
Die oorledene was glo voorheen ‘n onderwyser by die Laerskool Hendrik Potgieter. ‘n Plasing is op die skool se Facebook-blad gemaak.