7 September 2023
Die man wat glo twee mense die afgelope naweek in Klerksdorp, Noordwes, erg aangerand het, is in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.
Die polisiewoordvoerder in Noordwes, kolonel Adéle Myburgh, sê hy sal na verwagting vandag in die Klerksdorp Landdroshof op aannklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, verskyn.
LEES OOK: MAN DOEN BREINSKADE OP NÁ GEVEG BY KLERKSDORP-INKOPIESENTRUM
Een van sy beweerde slagoffers, die 23-jarige Hilton Pretorius word steeds in ‘n hospitaal se waakeenheid behandel nadat hy erge breinskade opgedoen het weens die aanranding en sedert Sondag nog nie sy bewussyn herwin het nie.
Die ander slagoffer, PW Roos, het ook ‘n klag teen die verdagte ingedien, nadat hy aangerand is toe hy Pretorius wou beskerm.
Roos het tydens die aanval harsingskudding opgedoen, moes 17 steke kry en het sy skouer beseer.
