Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Man in ATKV-vakansieoord doodgeskiet

17 Februarie 2022

‘n Man, wat glo met vakansie was, is in die vroeë oggendure van vanoggend by die ATKV-Buffelspoort naby Rustenburg doodgeskiet.

Die polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh het die voorval aan Pretoria FM bevestig en sê die 68-jarige Johannes Nicolaas Brits is op die toneel dood verklaar.

Myburgh sê Brits, sy vrou en vier ander familielede was met vakansie toe hulle omstreeks 01:00 deur verdagtes in hulle huisie wakker gemaak is. Hy is verskeie kere in die maag, bors en rug geskiet toe hy tussen beide getree het om sy familie teen die aanvallers te probeer beskerm. Twee selfone en juweliersware is gesteel.

Sy sê ‘n saak van moord en besigheidsroof word deur die Marikana polisie ondersoek. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die bemarkingsbestuurder van die ATKV, Reinard du Plessis wou nie meer besonderhede bekend maak nie en sê die polisie ondersoek die saak. Hy het wel gesê dat dit nou belangrik is om die familie te ondersteun.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende