Man gesoek wat donkies aanrand in TikTok-video


Luister nou

Volgende

Man gesoek wat donkies aanrand in TikTok-video

21 Oktober 2022

Die polisie in Durban is op soek na ‘n man, wat glo vier donkies in ‘n TikTok-video aangerand het om sy volgers te “beïndruk.”

TikTok is ‘n sosiale media-platform waarop kort videos gelaai word.

LEES OOK: DBV KRY 32 JAGHONDE IN POLISIEAANHOUDINGSELLE

Na die video opgelaai is, het die Nasionale Dierbeskermingsvereniging (NDBV) met ‘n ondersoek begin, wat hulle gelei het tot die man se woning in ‘n klein dorpie in Limpopo. Volgens die NDBV is die diere reeds verwyder en na ‘n plek van veiligheid geneem.

Die organisasie sê in ‘n verklaring dat die “akteur” en “musikant” in die video gesien kan word hoe hy die vier donkies slaan. Slegs sy bynaam is op hierdie stadium aan die NDBV bekend.

LEES OOK: LUISTER: NDBV ONDERSOEK “EEN VAN DIE WREEDSTE VOORVALLE VAN HONDEGEVEGTE”

Volgens die organisasie is hulle belangrikste prioriteit nou die welstand van die donkies, maar het benadruk dat die NDBV nie sal toelaat dat die verdagte skotvry daarvan afkom nie.

“Die NDBV is vol vertroue dat die man binnekort vasgetrek sal word.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Man gesoek wat donkies aanrand in TikTok-video


Luister nou

Volgende