2 September 2022
‘n Man is dood nadat sy motor vanoggend in ‘n privaat woning se swembad in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal beland het.
Volgens die nooddienste, Emer-G-med is nooddienste omstreeks 11:00 vanoggend na die huis in Athlone Park ontbied. Emer-G-med sê in ‘n verklaring dat die motor deur ‘n muur gebars het en in die swembad beland.
Die man se identiteit is nog nie bekend gemaak nie. Hy is op die toneel dood verklaar nadat hy uit die motor bevry is.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die plaaslike owerhede ondersoek.