3 Desember 2022
‘n 39-jarige man is skuldig bevind op ‘n aanklag van roekelose bestuur nadat ‘n video wyd versprei is waarin gesien kan word hoe hy sy motor met sy voete bestuur.

Volgens die padverkeersbestuurskorporasie is die man, Ikhalar UI Hag uiteiendelik gister in die Cullinan-hof skuldig bevind – ‘n jaar na die voorval op die omstrede Moloto-pad in Pretoria.
Hy is ‘n boete van 8-duisend opgelê OF agt maande gevangenisstraf. In ‘n video wat opnuut op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe hy op die dak van sy rooi Range Rover klim, terwyl die voertuig beweeg. Hy beheer dan die motor se stuurwiel met sy voete.
Volgens die padverkeersbestuurskorporasie se woordvoerder, Simon Zwane het UI Hag reeds sy boete betaal. Sy rybewyse is ook vir ses maande opgeskort. News24 berig dat die man ‘n sakeman van Marble Hall in Limpopo is.